15 December 2010

Die vakansie is hier!!!





Die lang wag is verby en dit is vakansie vir my en jou en die hele skool. Lekker dae van op die strand lê, hard kuier en sommer net tyd om jouself te geniet. Hoop jou tasse is gepak en jy is reg vir die vakansie...















Die eksamens het uiteindelik tot 'n einde gekom en ek glo almal is bly. Daar is 'n paar dinge wat hierdie vakansie gaan gebeur en ons het tyd daarin gespandeer om vir julle in te lig daaroor. Die belangrike gebeure en hul datums is as volg:










  1. Eerstens is dit Kersfees op die 25ste Desember, moet asseblief nie vergeet om vir julle ouers geskenke te koop nie. Hulle verdien dit na alles wat hulle vir jou deur die jaar gedoen het.






  2. Tweedens is dit oujaars, seker die grootste kuier wat in 'n jaar gebeur. Moet nou net nie gaan en julself dronk drink en in 'n boom vas ry nie, ons wil jou volgende jaar by die skool hê. Ons sê ook nie dat jy nie jouself mag geniet nie, maar soos hulle sê "Don't drink and drive"






  3. Direk die volgende dag is dit nuwejaarsdag, nog 'n geleentheid om saam die familie te geniet. Een baie belangrike wenk vir die nuwe jaar: Moenie nuwejaars voorneme maak wat jy nie kan na kom nie...






  4. Dan die laaste en seker die belangrikste datum, die 12de Januarie... Die dag van terugkeer na jou wonderlike huis weg van jou huis, SKOOOOOL!!!!! Onthou om nie laat te wees nie anders kan jy net dalk die nuwe Gr8's mis.




Die sal die laaste Blog wees vir 2010. Dankie aan almal wat ons so ver ondersteun het en nog gaan ondersteun. Ons wil aan julle 'n versoek maak, vertel asb vir julle pelle van die blog ons wil in 2011 graag hê dat die hele skool deel van dit moet wees en ons Blog's lees.





Van die Hoofleiers se kant wens ons vir julle 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2011. Mag julle tonne geskenke kry en mag 2011 vir julle "DIE JAAR" wees.









Tot volgende jaar





HOOFLEIERS




2011

19 October 2010

Hartlik Welkom aan jou. . .

Ons wil net graag welkom sê aan almal wat die "blog site" kom besoek vir die eerste keer. Dit is ook die eerste "post" van ons kant af en die begin van nog baie wat sal volg!!! Ons wil graag julle hier deurlopend op hoogte hou van wat ons beplan en wil doen met die skool. Die hoofleiers vra dat julle asseblief sal comment en ook julle menings oor die sake gee, as julle ons help kan ons julle help.
Vir die kinders wat nog nie weet wie die hoofleiers vir 2011 is nie, plaas ons graag hulle name sodat jy hulle ook kan leer ken:
Akademiese raad:
Lana Kemp
Jan-André van Rooyen
Bemarkingsraad:
Stephanie Ferreira
Armand Visagie
Kultuurraad:
Yolande Alberts
Gerrit Oberholzer
Sosiale raad:
Francis Collatz
Stiaan Steyn
Sportraad:
Lané Boshoff
Louis Aucamp
Presidente:
Yolande Alberts
Louis Aucamp

Vertel asseblief vir jou vriende as hulle nie alreeds weet nie sodat ons almal in die skool kan betrek!
Dankie dat jy ons help.
Hoofleiers 2011