Die lang wag is verby en dit is vakansie vir my en jou en die hele skool. Lekker dae van op die strand lê, hard kuier en sommer net tyd om jouself te geniet. Hoop jou tasse is gepak en jy is reg vir die vakansie...
Die eksamens het uiteindelik tot 'n einde gekom en ek glo almal is bly. Daar is 'n paar dinge wat hierdie vakansie gaan gebeur en ons het tyd daarin gespandeer om vir julle in te lig daaroor. Die belangrike gebeure en hul datums is as volg:
- Eerstens is dit Kersfees op die 25ste Desember, moet asseblief nie vergeet om vir julle ouers geskenke te koop nie. Hulle verdien dit na alles wat hulle vir jou deur die jaar gedoen het.
- Tweedens is dit oujaars, seker die grootste kuier wat in 'n jaar gebeur. Moet nou net nie gaan en julself dronk drink en in 'n boom vas ry nie, ons wil jou volgende jaar by die skool hê. Ons sê ook nie dat jy nie jouself mag geniet nie, maar soos hulle sê "Don't drink and drive"
- Direk die volgende dag is dit nuwejaarsdag, nog 'n geleentheid om saam die familie te geniet. Een baie belangrike wenk vir die nuwe jaar: Moenie nuwejaars voorneme maak wat jy nie kan na kom nie...
- Dan die laaste en seker die belangrikste datum, die 12de Januarie... Die dag van terugkeer na jou wonderlike huis weg van jou huis, SKOOOOOL!!!!! Onthou om nie laat te wees nie anders kan jy net dalk die nuwe Gr8's mis.
Die sal die laaste Blog wees vir 2010. Dankie aan almal wat ons so ver ondersteun het en nog gaan ondersteun. Ons wil aan julle 'n versoek maak, vertel asb vir julle pelle van die blog ons wil in 2011 graag hê dat die hele skool deel van dit moet wees en ons Blog's lees.
Van die Hoofleiers se kant wens ons vir julle 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2011. Mag julle tonne geskenke kry en mag 2011 vir julle "DIE JAAR" wees.
Tot volgende jaar
HOOFLEIERS
2011
No comments:
Post a Comment